Nuwe selgroepe

s1

Jou geestelike lewe is arm as jy nie deel van ‘n kleiner groep is wat gereeld bymekaarkom nie. Hierdie kleiner groepe is meer intiem en persoonlik en die beste plek om die gemeenskap van God se huisgesin te ervaar. Indien jy belangstel om deel van so ‘n groep te wees kan jy ons gerus kontak (lewe@klema.co.za). Daar het ook onlangs vier nuwe groepe begin – jy is welkom om ons te kontak indien jy by een wil aansluit of net meer inligting wil hê:

Christie & Marlie Viljoen wil graag ’n sel- of dissipelskap groep begin in die Despatch/Uitenhage/Blouwaterbaai-area.
Hul kontak details: Christie:084 575 0626 / Marlie: 074 179 5700

’n Nuwe groep vir jong-werkende mense is ook gevorm en kom op Woensdagaande bymekaar. Sou jy belangstel om by hulle aan te sluit, laat weet vir ons by lewe@klema.co.za

Daar is twee studente selgroepe.

1) Een groep kom Dinsdae aande by die Ark (by die kerk in Somerstrand) bymekaar om 18:30.

2) Die ander een kom in die stad bymekaar (moet nog besluit presies waar, maar nie in Somerstrand nie) – om die tegemoet te kom wat verder van die kerk bly.

As jy nog nie by een ingeskakel het nie….waarvoor wag jy?! Kontakons by lewe@klema.co.za!

Comments are closed.


Nuus

Tyd en plek

Byeenkomste: Sondagaande 18h30 | 77 Louis Bothasingel, Somerstrand, Port Elizabeth


View Larger Map