Lig & Donker preekreeks: Lydenstyd

lgslider

 

Lydenstyd (“Lent” in Engels) is ’n besondere tyd in die kerk. Dit is die tyd waarin ons geestelik voorberei vir die herdenking van Jesus se lyding, dood en opstanding. Dit is ’n tyd waarin ons die geleentheid kry om op ons harte te fokus, om ons geestelike lewe weer af te stof  en nuwe lewe in ons verhouding met God te blaas. Daarom is dit ’n tyd van selfondersoek, Bybestudie, gebed, vas, dankbaarheid en liefdadigheid.

Baie aandag word gedurende Lydenstyd gegee aan die rede waarom Jesus moes kom – sonde en gebrokenheid. Ons herken, erken en treur oor die wêreld en ons eie sonde en die verskriklike gevolge daarvan. Dit maak ons egter ook opgewonde oor die uitkoms wat God gegee het wat dit ook ’n tyd van verwagting maak. Lydenstyd is derhalwe ’n tyd van kontraste en teenstrydigheid, byvoorbeeld; tussen dood en lewe, wanhoop en hoop, rou en verwagting, somberheid en opgewondenheid, sonde en verlossing. Vandaar die fokus op lig en duister met vanjaar se Lydenstyd.

Ons nooi jou uit om Lydenstyd 2012 ’n besondere mylpaal in jou geestelike lewe te maak. Besluit hoe jy in hierdie tyd meer plek vir God in jou lewe wil maak en minder plek vir wêreldse dinge. Kom wy jouself vir hierdie tyd aan God toe by ons Aswoensdag dienste. Neem ’n Lydenstyd gids by die dienste of laai dit van die webtuiste af. Woon die eredienste by. Kom gedurende Heilige week na die uitstalling by die kerk en woon die Tenebrae en Paasvrydag dienste by. En kom vier die opstanding by Paassondag se oggend- en aanddiens.

 

NG Kerk Somerstrand en Klema gemeenteprogram:

Aswoensdag: 22 Februarie 2012
•  Informele diens: 07:15 en 17:15 by Jaco en Karlien se huis (44 Mowbraystraat, Newtonpark – kontak kerkkantoor vir aanwysings)
•  Formele diens: 18:00 in die kerkgebou

Eerste Sondag: 26 Februarie 2012
• Oggenddiens om 09:00: Filippense 2:19-30 -
‘Die Gees van Christus verander ons gemeente tot gasvrye vriendskappe’
• Klema aanddiens om 18:30: “Waak in die donker”

Tweede Sondag: 4 Maart 2012
• Oggenddiens 09:00: Filippense 3:1-4:1 -
‘Die Gees van Christus verander ons gemeente tot geestelike volwassenheid’
• Klema aanddiens om 18:30: “Lig soos die rooidag”

Derde Sondag: 11 Maart 2012
• Oggenddiens 09:00: Filippense 4:2-9:
‘Die Gees van Christus verander ons gemeente tot blymoedige vrede’
• Klema aanddiens om 18:30: “Wees lig”

Vierde Sondag: 18 Maart 2012
• Oggenddiens 09:00: Filippense 4:10-23 -
‘Die Gees van Christus verander ons gemeente tot liefdevolle omgee’
• Klema aanddiens om 18:30: “Skyn in die donkerte”

Vyfde Sondag: 25 Maart 2012
• Oggenddiens 09:00: Johannes 12:20-33: ‘Die tyd het gekom’
• Klema aanddiens om 18:30: “Pasop dat jou lig nie donker is nie”

Palmsondag: 1 April 2012
• Oggenddiens 09:00: Johannes 12:12-16: ‘Hosanna!’
• Klema aanddiens om 18:30: “Die klippe sal uitroep!”

Heilige week uitstalling: 2-6 April 2012
Maandag tot Vrydag

Heilige Donderdag: 5 April 2012
Tennebrae (Skadu) diens om 18:30

Goeie Vrydag: 6 April 2012
Oggenddiens 09:00: Jesaja 52:13-53:12: ‘Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?’

Paassondag: 8 April 2012
• Sonsopkomsdiens langs die see: 06:00
• Oggenddiens 09:00: 1 Korintiërs 15:1-11 – ‘Deur dié evangelie word julle ook gered’
• Klema aanddiens om 18:30: “Die lig skyn in die duisternis”

Comments are closed.


Nuus

Tyd en plek

Byeenkomste: Sondagaande 18h30 | 77 Louis Bothasingel, Somerstrand, Port Elizabeth


View Larger Map