Eerstejaars!

lost

Ons wil graag alle eerstejaars uitnooi na ons eerstejaarskamp, -diens en -week.

‘n Aksie belaaide twee weke vir eerstejaars skop af met die kamp by Sumcay (net buite PE) van 23-26 Januarie. Hierdie kamp is die perfekte geleentheid om nuwe vriende te ontmoet, meer te leer oor Klema, kampus en studentelewe en sommer net lekker te ontspan en rus voor die universiteit begin.

Die Klema Eerstejaarskamp is ‘n omvattende studente ervaring waar studente leiers, tans studente by die NMMU, hulle wysheid deel en al die eerstejaars se vrae antwoord en hulle gemoed gerusstel. Dit is ook ‘n geleentheid om nuwe vriende, wat moontlik dieselfde rigting studeer, te ontmoet in ‘n pret, Christelike atmosfeer. Vir meer inligting sien die inskryfvorm hier.

Sondag 29 Januarie is dit ons eerstejaarsdiens by Klema (18h30). Ons nooi ALLE eerstejaars uit na hierdie spesiale geleentheid (nie net die wat op die kamp was nie).

Die week wat volg skop die eerstejaarsweek af. Onthou dat almal welkom is om die eerstejaarsweek by te woon, veral die senior studente. As jy onseker is oor enige van die inligting kan jy ons gerus kontak. Eerstejaarsweek datums:

  • 30 Jan:   Tenpin Bowling
  • 31 Jan:   Praise & Worship
  • 1 Feb:   Movie en Kuier aand
  • 3 Feb:   Braai en games aand
  • 6 Feb:   Varsity Cup rugby: NMMU vs Pukke

Vir enige navrae kontak gerus die Klema kantoor by 041 583 6438 of lewe@klema.co.za.

Comments are closed.


Nuus

Tyd en plek

Byeenkomste: Sondagaande 18h30 | 77 Louis Bothasingel, Somerstrand, Port Elizabeth


View Larger Map