
2012 is Klema se jaar van connection. Ons fokus vanjaar op die bou van brue tussen ons en God, tussen ons onderling en tussen ons en die wêreld. So ’n lewe van connection met God, mekaar en die wêreld is hoe ons gemaak is om te lewe.
Jy is egter die enigste persoon wat oor die brue in jou lewe kan loop. Niemand kan dit namens jou doen nie. Dit is soms scary om oor ’n brug te loop, maar dit is altyd die moeite werd. Kom, wees deel van ons jaar van brue.
Dis dan ook hoekom ons eerste preekreeks van die jaar spesifiek handel oor ‘Connection’.
Die datums en temas van die reeks is soos volg:
15 Januarie – ‘Die ander kant
22 Januarie – ‘Regte, egte Lewe’
29 Januarie – ‘Die eiland’
5 Februarie – ‘Hierdie kant’
12 Februarie – ‘Loop oor my’
