Avontuurweek 2010

Meer inligting oor Avontuurweek wat hierdie vakansie by Hoogland aangebied word:

PE-Hoogland, NG Kerk Lorraine en Sommerstrand gemeente bied hierdie jaar op DV 21 – 25 Junie gesamentlik ons jaarlikse Avontuurweek aan.

Dis hierdie jaar ons 12de Avontuurweek – en ons glo dit gaan, soos altyd, ‘n GREAT geleentheid vir honderde kinders EN ‘n klomp leiers wees!

Avontuurweek is ‘n bediening aan kinders van Graad 0 tot Graad 7 en bied aan kinders die geleentheid om die Here te leer ken en om Hom met hulle lewens te dien.

Dis ‘n week vol pret en ‘n tyd om spesiale vriende te maak. Die tema vir hierdie jaar is High Seas – Kom seil saam deur God se Woord.

Regestrasie vorms vir Gr. 0 – 7 kan hier afgelaai word en aansoekvorms vir leiers kan hier afgelaai word.  Julle is meer as welkom om avontuurweek by julle kinders te adverteer en leiers te stuur. Hoe meer siele hoe meer vreugde.  Besoek ook asb die webblad:  www.avontuurweek.co.za

Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir die kinders in julle gemeente, maak asb seker dat hulle dit nie mis nie.

Vir enige navrae kan julle my, Alta konkak by 083 557 6361.


.