Chesire Homes
9 Mei net na die oggenddiens. Ons ontmoet mekaar voor die kerk na die erediens. Kom ons neem vir hulle koekies saam en drink saam met hulle tee. (Of sal ons vir hulle pannekoek bak vir tee?)
MTR Smit-Kinderhuis
9 Mei. Veertien meisies kom besoek ons! Hulle sal 15 plastiek koffiebekers, 15 plastiek papbakkies, 15 kosblikkies, teelepels, ’n broodmes en ’n afdroogdoek baie waardeer .. en ook ’n strykyster as dit kan.
ACVV Kamvalethu Invalsentrum (Straatkinders)
12 Mei. Ons ontmoet mekaar om 10:30 by die kerk. Daar is tien kinders. Ons neem vir hulle klere, of iets vir ontbyt of vir middagete saam.
Hannes Marais se manne
12 Mei, ons ontmoet mekaar om 12:45 by die kerk. Kom ons neem vir hulle klere, truie of baadjies, skoene en kinderklere saam.
Than’usana Safe Home for Babies
13 Mei. Ons ontmoet mekaar om 14:00 by die kerk. Ons neem vir hulle Wet Wipes, weggooi doeke of ander items wat babas benodig, saam.
Theo Havemann se werkskeppingsprojek
18 Mei. Ons ontmoet mekaar om 12:00 by die kerk.
20 Mei. Ons ontmoet mekaar om 14:00 by die kerk
CMR VIGS Tuisversorgers
19 Mei. Ons neem vir hulle 25 Kg soppoeier saam. ’n Finansiële bydrae hiervoor sal waardeer word.