As deel van ons ‘Week of Bounty’ week wil ons graag hierdie jaar spesifiek die Global Leadership Academy (GLA) in Jeffreysbaai ondersteun. Kyk asseblief na die lys hieronder en kyk hoe jy ‘n bydrae kan maak. Goedere kan gedurende die week na die kerk gebring word of Sondagaande in die blou houer in die voorportaal geplaas word.
Inligting oor die GLA en hul lys van benodighede:
Op 13 Januarie het GLA vir die eerste keer hulle deure oopgemaak en sedertdien is gemiddeld een leerling per dag bygevoeg tot ons getalle. Die skool het tans 17 toegewyde en gekwalifiseerde personeellede wat `n liefde vir Christus uitleef in hulle onderrigtaak van die kinders. Global Challenge Expeditions wat die organisasie is waaruit die skool gespruit het is `n gerigistreerde nie-winsgewende organisasie met registrasie nommer: 066-651-NPO.
Die stigting van die skool het gekom uit `n geloofsoortuiging dat God ons roep om `n definitiewe impak te maak in Jeffreysbaai en omgewing. Dit was ook duidelik uit die oorweldigende behoefte aan `n hoërskool in die gemeenskap dat dit die een leemte is wat ons kan vul.
Die afgelope 6 maande was `n ongelooflike geloofsuitdaging vir elkeen betrokke by die skool. Tog staan ons, asook elke leerder en ouer, verstom oor die oorweldigende goedheid en voorsiening van God en die plaaslike gemeenskap.
Elke dag bly egter ‘n geloofsuitdaging en daar is steeds dringende behoeftes waarvoor ons God bly vertrou. Dit is met hierdie roepstem dat ons nou weer ons behoeftes bekendmaak met die vertroue dat iemand, iewers hierin sou kon voorsien.
Donasies kan na die volgende rekening gemaak word:
Global leadership academy
FNB
62254714241
Tak nr 210515
Onmiddelike Behoeftes
R700p/maand borgskap vir leerder – Dek die skoolfooi van `n minderbevoorregte leerling
2 x Mini Busse – Vervoer van leerders na aktiwiteite
6 x Rekenaars – Vir gebruik deur personeel/administrasie
2x Laser Drukkers – vir Administrasie en IT departement
20 x Poshokkies – Personeelkamer
12 x Liaseer kabinette – Gebruik deur onderwysers
Fietsstaander vir tussen 8 – 12 fietse – Die leerders se fietse kan daaraan gesluit word
Matte – Klaskamers en Personeelkamer
Sporttoerusting – Krieket, rugby, netbal, sokker, atletiek, skaak, ens.
Mikroskoop, Maatsilinders, ens – Wetenskap laboratorium toerusting
Mikrofoon en mikrofoonkabel – Gebruik saam met ons klanktoerusting
Bokse A4 papier – Drukwerk en fotostate
Witbord merkers / penne en 4 witborde – Tydens klasgee en skryf op witbord
Skryfbehoeftes, kramdrukkers, ponse, penne, ens -Skryfbehoeftes vir personeel en kantoorgebruik
Onderwysertafels
Interkomstelsel -Kommunikasie met klasse / afkondigings
Stoele -Ons kry daagliks leerders by en kort 30
Sitkamerstel of bank en stoele – Geen meubels as ouers wag om hoof te spreek
Lessenaars x 4
Skandeerder – Benodig vir klasgee
Sport matrasse – Vir LO en stoei
Toekomsdrome
4 Hektaar grond gesoneer vir besigheid – Bou van eie skool, sportgronde, ens vir 250 leerders
R5 000p/maand salaris van een personeellid – Dek die salaris van een voltydse personeellid